Ons maak binnekort oop!
Teken in om eerste die goeie nuus te ontvang.
Die hoedjies hang nog skeef,
die kussings lê nog op verkeerde rakke,
en iemand het alweer die afdrooglappe “net gou” geskuif… waarna niemand dit ooit weer kon kry nie.
Daar’s ook nog minstens drie oop bokse wat almal ignoreer in die hoop dat iemand anders dit sal uitpak.
Een van hulle bevat waarskynlik iets belangrik. Ons weet net nie meer watter een nie.
Die koffie raak koud, die lint meet nooit reg nie,
en elke keer as ons dink ons is klaar, arriveer daar nóg mooi goed.
Maar dis amper tyd.
Lewende Liefde maak later dié jaar sy deure oop —
vol mooi dinge, sagte goed en hopelik minder bokse op die vloer.